Connecting Consciousness as 'n Geestelike en Vrywillige Organisasie
CC groei konstant in lidmaatskap en versprei in meer en meer lande oor al die kontinente heen. Ons het honderdeduisende lede wêreldwyd in meer as 'n 100 lande en in baie van hierdie lande was groepe gevorm met die Koördineerders.
Ons ontmoet fisies of met Zoom/Skype en ons lede kan verseker wees dat ongeag hoe buitengewoon hulle moontlike ervarings is, dat hier in CC weet ons dat baie meer dinge moontlik is as wat die algemene psige vermoed.
In aanvulling daarmee, gebruik ons 'n betroubare platform om te verseker dat die netwerk van kontak tussen al ons lede, op 'n internasionale vlak is.
CC reik ook uit na ander geestelike gebaseerde organisasies / groepe en smee bande met hierdie lede

Oor Simon Parkes
Inisieerder en stigter van Connecting Consciousness (Verbind Bewussyn)is Simon Parkes. Hy is 'n Britse voormalige verkiesde politikus, het verskeie termyne in die amp gedien,en addisioneel tot sy spirituele bewustheid, het hy toegang tot hulpvaardige bronne van informasie, nie net as gevolg van sy familie agtergrond nie. Sy Ma het gewerk vir die Britse binnelandse veiligheids dienste, MI5 en, as deel van haar werk, het sy dokumente geskryf in verband met ongeïndentifiseerde vlieënde objekte wat verongeluk het op aarde, en teruggevind is deur die Amerikaanse Spesiale Magte, sy het ook gerapporteer aan die NSA.
Sy Oupa het gewerk vir die Britse Geheime Intelligensiediens, MI6, en was baie naby geassosieer met die Amerikaanse Sentrale Intelligensie Agentskap. Hy was 'n Britse Diplomaat, en het later ook in die Verenigde Nasies gedien.
Simon Parkes has a lifetime of experience with extra-planetary lifeforms as well as military, and went public with this in 2010. In 2013 he was invited by the British Ministry of Defence to a secret British space radar station as a quasi confirmation of his background. Since then, he is respected by the media as an authority on various extraterrestrial races and beings.
In 2015 het hy betrokke geraak in die herwaardasie en het sederdien 'n aantal nie-openbaarmaking's geteken vir die Wit Hoede.

Oor Rebecca Parkes
Rebecca Parkes (Becky) is die mede-stigter van Connecting Consciousness (CC) (Verbind Bewussyn) en lei die organisasie se dag-tot-dag bedrywighede en spirituele offers. Sy skep die spirituele onderwerpe saam met Chris Clifford wat dan gedeel word met die koördineerders en lede van CC as maandelikse besprekings onderwerpe. Rebecca bied ook die "Heilige Wysheid" (Sacred Wisdom) potgooi aan.
Sy het 'n Diploma in volwasse geleerdheid- gefokus op geboorte, 'n Graad in Biologiese Wetenskap, en 'n Meesters in Omgewings Gesondheid. Deur Rebecca se opleiding en ondervinding, is sy goed onderlê in veskeie Sjamaniese tradisies en genesings style, klank en lig genesing, hande aan genesing, waarseery, en ontwikkeling van een se intuisie. Sy is ook lief vir kristalle, kristal genesing, en om te stap in die natuur en by die see. Sy woon in Engeland saam met haar man Simon Parkes en hul katte en honde.
Doelwitte
Skep van Netwerke
Deur plaaslike, nasionale en internasionale geestelike groepe
Deel van Kennis
Deur opleiding, navorsing en debat; onthulling van die waarheid, dus die vergroting van waaksaamheid en mense inlig
Saamvoeg van stemme
Verandering van publieke beleid en houdings, beïnvloeding van regering. Aanmoedig van vrae wat debatte bemagtig, en wat lei tot die vestiging van die waarheid.
Ons Mikpunte
Connecting Consciousness erken dat bestaande strukture nie noodwendig reageer op mense of die planeet nie, en streef daarna om globale uitdagings op te los deur fisiese en geestelike ontwikkelings, opleiding en regeerkunde.
Connecting Consciousness streef daarna om mense te ondersteun op hulle opleidingsreis deur te ontwaak vir die wêreld rondom hulle, om hulle te help verstaan van wie en wat hulle is, en hulle werklike posisie binne-in die wêreld, en dus die mensdom te help en alle lewe om vorentoe te beweeg op 'n positiewe manier.
Diens aan andere eerder as 'n diens aan die self, is een van die fundamentele waardes.
Hoe sal ons dit doen? Deur drie verwante doelwitte:
Ons Visie
In die eerste plek, wil ons in elke land reg rondom die wêreld, gekoördineerde groepe mense hê wat soortgelyke ervarings gehad het, en wat dink dat diens aan ander is meer belangrik as diens aan die self.
Mense wat miskien OVVs gesien het, of wat deur buiteruimtelike spesies ontvoer is, of wat ‘n familielid gehad het wat sommige kontak gehad het met die geheime intelligensiedienste of geheime organisasies en wat die waarheid weet.
Connecting Consciousness is ‘n plek waar mense in ‘n veilige omgewing kan gesels op ‘n ondersteunende manier, sonder dat ander mense vir hulle lag.
Ons het groepe opgestel, en stel meer groepe op van mense wat kan en mekaar wel ondersteun in tye van nood. Wat ookal dit mag wees. As daar geen noodtoestand is nie, dan ontmoet groepe op ‘n punt gereeld of op die internet, of van aangesig tot aangesig, en net om mekaar te ondersteun.
Geestelike mense, mense wat daarin belang stel om organiese voedsel te verbou, mense wat verstaan dat gesondmaking nie net daaroor gaan oor die neem van ‘n pil uit ‘n bottel nie, mense wat verstaan dat die stelsels rondom ons is nie ontwerp om ons te ondersteun nie, maar is ontwerp om ons te beheer. Mense wat optree omdat hulle besorgd is oor 5G, of hulle het ‘n bekommernis oor hormone in kos of inentings.
Ons wil die wêreld wys dat daar ‘n alternatiewe manier is om individue te waardeer. Daar is ‘n ander manier om dinge te doen.
Connecting Consciousness gaan daaroor om die mag aan die mense terug te besorg. Dit is om individue te sê dat organisasies nie natuurlik daar is om jou te ondersteun nie. Hulle is daar om te skep en hulself te ondersteun.
Connecting Consciousness wil in staat wees om daardie mense te beïnvloed wat die wette maak, en die reëls maak. Ons wil hê miljoene mense moet by Connecting Consciousness aansluit, en deur ons groot getalle, ‘n verskil maak.
So ons sien op ‘n vreedsame manier, dat mense begin druk plaas waar daar ongeregtigheid is. Waarom is dit verkeerd om ongeregtigheid uit te daag? Dit is nooit verkeerd nie.

Die Logo
Twee sentrale elemente van die logo is noodsaaklike – die aarde en ‘n hart gesetel tussen die groen en pers wervelings. Waarom hierdie twee komponente? Die aarde want dit is waar die werk van CC gefokus is. Die hart dui daarop dat die werk van CC hart gesentreerd is. Die woorde “Connecting Consciousness” omsirkel die aarde en vorm deel van die wervelings. Die waaier vorm is uitgebrei in ‘n oneindige teken, en so ontstaan die huidige logo ontwerp eie aan CC.
Die groen en die pers verteenwoordig kontak in 3D en in 5D, en verteenwoordig die kleure van die hart en hoof se energiepunte.
NOTA: Die Connecting Consciousness logo is die uitsluitlike eiendom van Simon en Rebecca Parkes, en mag nie herproduseer, uitgeruil, gekopieër of verander word in druk of digitaal deur enige CC lid of derde party organisasie sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Simon of Rebecca Parkes nie.