Hierdie webtuiste is deur CC lede vertaal vir jou gerief. Die amptelike teks is die Engelse weergawe van die webblad. Enige ongeruimdhede of verskille wat geskep word gedurende die vertaling is nie bindend nie en het geen wetlike effek of toepassing, vir afdwingbaarheid nie. Sou enige vrae ontstaan rakende die akkuraatheid van die inligting vervat in die vertaalde webblad, verwys asseblief na die Engelse weergawe van hierdie webblad, wat die amptelike weergawe is. 

Privaatheidsbeleid

Hoe respekteer ons privaatheid wanneer ons met persoonlike inligting werk wat bekom is deur ons organisasie

Hierdie Privaatheidsbeleid is van toepassing op inligting wat ons, Connecting Consciousness, insamel oor individue wat met ons organisasie interakt. Dit verduidelik watter persoonlike inligting ons insamel en hoe ons dit gebruik.

As jy enige kommentaar of vrae het rondom hierdie kennisgewing, voel vry om ons te kontak by admin@connectingconsciousness.org

1. Persoonlike data wat ons verwerk.

Die volgende tabel verduidelik die tipes data wat ons insamel en die wetlike basis, onder huidige data beskermingswetgewing, waarop hierdie data verwerk word.

  Doelwit Data (hoof elemente) Basis
Navrae oor ons organisasie en sy werksaamhede Naam, e-pos, boodskap Legitieme belangstellings – dit is noodsaaklik vir ons om te lees en jou boodskap te stoor, sodat ons kan reageer op ‘n manier wat jy sou verwag.
Intekening as ‘n lid Naam, e-pos, kontak-inligting, redes vir behoefte om ‘n lid van CC te word. Kontrak – deur die aansoekvorm in te dien het jy in ‘n kontraktuele verhouding met ons ingetree soos uiteengesit in ons lidmaatskap se terme en voorwaardes.
Webblad funksionaliteit
Webblad aktiwiteit ingesamel deur koekies
Regmatige belange – dit is nodig dat ons ’n klein hoeveelheid inligting stoor, gewoonlik deur koekies, om funksionaliteit te lewer wat jy sou verwag.

2. Hoe ons jou data gebruik

Ons sal jou data slegs op ’n wyse gebruik wat gepas is, gegewe die grondslag waarop daardie data ingesamel is, soos uiteengesit in die tabel aan die bokant van hierdie beleid. Ons deel nie jou data met Derde Partye nie.

Byvoorbeeld, ons mag jou persoonlike inligting gebruik om:

3. Wanneer ons jou data deel

Ons sal slegs data binne ons organisasie deel.

Jy jou spesifieke toestemming vir ons gegee het om data aan jou relevante landskoördineer te stuur.

Ons sal slegs data aan ons landskoördineerders buite die EU stuur waar toepaslike veiligheids-maatreëls in plek is soos gedefinieer deur Artikel 46 van die Algemene Data Beskerming Regulasie

4. Hoe lank hou ons jou data

Ons beskou die beginsels van data minimalisering en verwydering ernstig en het interne beleide in plek om te verseker dat ons altyd vra vir die minimum hoeveelheid data vir die geassosieerde doelwit ,en wis daardie data summier uit sodra dit nie langer benodig word nie.Waar data ingesamel is op die basis van ineenstemming, sal ons hernuwing van die instemming versoek ten minste elke drie jaar.

5. Regte wat jy het oor jou data

Jy het ‘n reeks van regte oor jou data, wat die volgende insluit:

‘n Volledige opsomming van jou wetlike regte rakende jou data kan gevind word op die Inligting Kommissaris se webblad hier https://ico.org.uk/

As jy toegang wil hê tot die regte hierbo gelys, of enige ander wetlike regte wat jy oor jou data het ingevolge die huidige wetgewing, kontak ons asseblief.

Neem asseblief kennis dat dit onmoontlik sal maak om sommige van hierdie regte uit te oefen, soos die reg om jou data te verwyder, terwyl ons steeds sekere dienste aan jou lewer. Waar dit egter moontlik is, sal ons altyd probeer om jou die maksimum toegang tot jou regte te gee terwyl ons steeds soveel dienste as moontlik aan jou kan lewer.

6. Koekies en gebruiks nasporing

‘n Koekie is ‘n klein leêr van letters en nommers wat afgelaai word op jou rekenaar wanneer jy ‘n webblad besoek. Koekies word gebruik deur menige webblaaie en kan ‘n aantal funksies verrig bv. onthou van jou voorkeure, aantekening van wat jy in jou inkopiemandjie gesit het, en die tel van die aantal mense wat na ‘n webblad gekyk het.

Waar koekies gebruik word om persoonlike data in te samel, sal ons hierdie doelwitte lys in seksie 1 hierbo, tesame met ander persoonlike data wat ons insamel. Ons kan wel koekies gebruik wat nie persoonlike inligting insamel nie, maar wat ons help om anonieme inligting te verkry oor hoe mense ons webblad gebruik. Ons gebruik Google Analytics vir hierdie doel. Google Analytics genereer statistiese en ander inligting rondom webblad gebruik deur middel van koekies, wat gestoor word op gebruikers se rekenaars. Die inligting wat ingesamel word Google Analytics rakende die gebruik van ons webblad is nie persoonlik identifiseerbaar nie. Die data word anoniem ingesamel, en gestoor deur Google en deur ons gebruik om verslae op te stel rondom webblad gebruik. Google se Privaatheidsbeleid is beskikbaar by http://www.google.com/privacypolicy.html.

7. Modifikasies

Ons mag hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd modifiseer, en sal die mees onlangse weergawe op ons webblad publisieer. As ‘n modifikasie jou regte daadwerklik verminder, sal ons diegene in kennis stel wie se data ons hou en wat geraak word.